As jy selfbewus voel oor jou tande, is dit nie lekker om saam met mense te kuier nie. I LOVE

MY SMILE bied ’n wye verskeidenheid behandelings om jou glimlag pragtig te verbeter. 

 
“Om mense goed te laat voel oor hulleself is nie net ons doelwit nie, maar ook ons passie.

“Navorsing het ook gewys dat groter selfvertroue kan lei tot sukses op verskillende gebiede. Dit kan ook verhoudings met lewensmaats, kollegas, vriende, familie en vreemdelinge gemakliker maak.

“Oor die jare wat ons al kliënte help om hulle voorkoms te verbeter, het dit ons dikwels opgeval hoe mense se lewens verander en verbeter soos hulle meer ingestel raak op hoe hulle
lyk.

“Buiten vir die oë, is die mond die grootste spieël van emosies en persoonlikheid. Met ’n mooi, vriendelike en innemende glimlag verander die wêreld rondom ons binne ’n oogwink. “Met moderne tegnologie en ’n professionele benadering help ons mense om hulle situasie te verbeter en met groter gemak te glimlag,” sê Belinda van der Merwe, wat dié praktyk bestuur. Een van die vroue wie se lewe met hulle hulp ’n behoorlike transformasie ondergaan het, is Elraine Weitsz. Deesdae is sy die skitterende teenoorgestelde van wie sy eens was. “’n Paar maande gelede het ek die grootste geskenk ooit by I Love My Smile gekry. ’n Splinternuwe glimlag, wat nie hoef terug te staan vir enige model of aktrise s’n nie. “Woorde sal nooit kan beskryf hoe dankbaar ek is vir die wonderlike manier waarop my lewe verander het nie. “Saam met hierdie pragtig glimlag het daar sommer ’n hoop selfvertroue gekom, wat die afgelope tyd talle deure vir my oopgemaak het.“Ek moet myself steeds elke dag daaraan herinner dat dit nie ’n droom is nie en dat al hierdie goeie dinge regtig besig is om met my te gebeur. Ek sal altyd dankbaar wees dat ek ’n belegging gemaak het in my selfvertroue, glimlag en toekoms.”

I love My Smile bied ’n wye verskeidenheid behandelings om jou glimlag pragtig te verbeter. 

’n Slegte asem kan jou in die verleentheid plaas. Die hoofoorsaak is dikwels onvoldoende mondhigiëne of die teenwoordigheid van sekere bakterieë. Met ’n professionele skoonmaak word plaak, kalkulus en vlekkies wat tot tandbederf, tandvleissiektes of slegte asem kan lei, van jou tande verwyder. In-stoel-bleiking kan jou tande binne twee uur witter en mooier laat lyk. Tuisbleiking verbeter jou resultate en is ’n gerieflike manier om die bogenoemde prosedure op lang termyn in stand te hou. Dun lippe of fyn plooitjies kan met ’n vuller behandel word om jou gesig en glimlag op hulle beste te laat vertoon. Ontrimpeling kan help om plooivorming te vertraag en fyn plooitjies selfs te verminder.

 

Oorspronklike artikel in Finesse Tydskrif

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.