HIER IS ‘N OPLOSSING!

 
Dr. Anton Grotius het vir die deelnemers aan ‘n Nuwe Jy glimlagte gegee om op trots te wees. Hy gee raad oar hoe jy jou glim lag kan laat opgradeer. 

Kry mooi wit tande.

Ek het al verskeie produkte gekoop om my geel tande wit te kry, van spesiale tandepasta tot iets wat jy aam•erf Niks werk nie. Hoe kry ek my tande mooi wit?

Professionele tandbleiking is die beste oplossing vir tande wat geel is. Ongelukkig sal geel krone of stopsels nie witter word met bleiking nie. Dit is egter moontik om geel stopsels of krone na bleiking le laat vervang, sodat dit by jou nuwe, wit glimlag sal pas. Spreekkamer bleiking is ‘n prosedure wat binne twee uur in die tandarts se spreekkamer uitgevoer kan word. Dit lewer onmiddellike resultate en geen hersteltyd daarna is nodig nie. Geringe sensitiwiteit mag voorkom, maar dit is tydelik en daar is produkte beskikbaar om dit te verlig.

WAT KOS DIT?

Tussen R2 000 en R5 000, afhangende van die tipe bleiking.

 

Is jou tande sensitief? 

Om roomys te eet en koue koeldrank te drink is ‘n beproewing. Daardie tondepaste vir sensitiewe tande help eintlik nie meer nie. Wat kan ek doen om weer koue kos en drankies sonder die pyn te geniet?

Tandsensitiwiteit word gewoonlik veroorsaak deur ontbloting van die dentien. Dit vind plaas wanneer die glasuurlagie van jou tande (die
buitelagie, ook bekend as “tand-emalje ‘)
verweer. Geringe sensitiwiteit kan behandel word deur spesiale produkte te gebruik of selfs deur
stopsels op die ontblote oppervlaktes te plaas. As jou tandstruktuur beskadig is, mag
dit nodig wees om die verlae tandstruktuur
met behulp van krone te vervang. ‘n Volledige
rehabilitasie kan ook gedoen word en geen
hersteltydperk is gewoonlik nodig nie.

WAT KOS DIT?

Die koste sal afhang van die aard en omvang van die skadel

Vir oneweredige tande? 

My tande is oneweredig en ek sal wat wou
gee vir ‘n Julia Roberts-glimlag. ls daar ‘n
behandeling wat nie te duur is nie?

Met ons “Hollywood’ -behandeling word
die vorm van jou tande verander deur dit in ‘n
meer estetiese vorm te slyp. Klein “uithappies”, oneweredigheid of selfs effense skewe tande
kan so geslyp word dat dit die illusie van reguit tande skep. Baie min van die tandstruktuur word verwyder en die pasient ervaar geen pyn nie.
Geen verdowing is nodig nie.

WAT KOS DIT?

Ongeveer R700 vir die hele mond. 

 

My glimlag is nie mooi nie.

Ek voel baie selfbewus om te glimlag. As ek
glimlag, Iyk my tande baie klein en wys daar te veel tandvleis. Kan dit behandel word?

 ‘n Gummy smile kan deur middel van ‘n
kroonverlengingsprosedure of gingivektomie
reggestel word. ‘n Konsultasie is egter nodig
om te bepaal of jy ‘n geskikte kandidaat vir die
prosedure is. Dit word gewoonlik deur ‘n periodontis
(‘n tandvleisspesialis) uitgevoer en behels die
terugsny van tandvleis. In sekere gevalle is dit
nodig om die tande na die prosedure te kroon, maar in ander gevalle mag dit dalk nie nodig wees nie. Dit is ‘n chirurgiese prosedure en
daarom is daar ‘n hersteltyd aan verbonde na gelang van die tegniek wat gebruik word. Dit kan wissel van ‘n dag of twee tot ‘n maksimum van twee weke.

WAT KOS DIT?

Sowayt R3 000 tot R8 000, afhangend of jy jou tande moet laat kroon. Dit neem ‘n uur of twee in beslag.

 

Wat van lelike stopsels?

As ek glimlag, lyk my tande grys, want daardie aaklige kwikstopsels wys. Ek hoor daarr is nuwe stopsels op die mark? 

Tandkleurige herstellings is ‘n goeie
alternalief vir kwik-amalgaam-herstellings. Jou bestaande silwer stopsels kan gewoonlik met
tandkleurige herstellings vervang word, terwyl ‘n groter herstelling dalk eerder deur ‘n inlegsel of ‘n kroon vervang sal moet word. Dit kan binne ‘n enkele afspraak voltooi word en daar is geen hersteltydperk betrokke nie.

 

WAT KOS DIT?

Vanaf R350 tot R650 per herstelling

Gebreekte tande 

Ek het ‘n ruk terug ‘n tand gebreek en dit nie laat regmaak nie, en nou breek die tand verder. Wat kan ek doen om die skade te herstel?

Dit is altyd belangrik om so gou moontlik aandag te skenk aan ‘n gebreekte tand, anders kan daar verdere skade aangerig word. ‘n
Konsultasie sal nodig wees om te bepaal wat die aard van die skade is. lndien die tandsenuwee betrokke is, mag ‘n wortelkanaalbehandeling (verwydering van die senuwee) nodig wees. Daarna word die tand gekroon om dit te herstel. In die geval van geringe skade kan die tand dalk bloot deur middel van ‘n stopsel herslel word. ‘n Wortelkanaalbehandeling kan binne ‘n enkele afspraak vdtooi word, maar in sekere gevalle moet dit oor meer as een afspraak geskied. ‘n Stopsel of kroon kan binne ‘n enkele afspraak geplaas word. 

WAT KOS DIT?

Vir ‘n worlelkanaal­ behandeling wissel dit van R4 000 tot R9 000. Koste vir ‘n stopsel beloop tussen R350 enR650 per stopsel, waar ‘n kroon ongeveer R4 000 – R8 000 kos.

 

ilovemysmile.co.za | info@ilovemysmile.co.za | 012 348 0665

Oorspronklike artikel in Finesse Tydskrif