Herstel jou glimlag, want die wêreld het dit nodig!
March 25, 2021
As jy selfbewus voel oor jou tande, is dit nie lekker om saam met mense te kuier nie. I LOVE MY SMILE bied ’n wye verskeidenheid behandelings om jou glimlag pragtig te verbeter.

Author:

Ina Alberts

Die glimlag agter die masker is belangrik! I Love my Smile span gee raad.

Wat het COVID en jou glimlag met mekaar te doen?

Met ons almal wat deesdae soveel tyd agter maskers spandeer, klink hierdie opskrif onsinnig. Maar deur ‘n gesonde tandvleistoestand te handhaaf bleik ‘n bydrae te lewer tot die geveg teen Covid-19.

Volgens ‘n onlangse studie is daar sprake dat pasiënte met tandvleisinfeksie meer geneig is om te sterf aan die virus.  Coronavirus pasiënte met tandvleistoestande is ook minstens drie keer meer geneig om komplikasies te ontwikkel (Nadya Marouf et al.  2021.  Association between periodontitis and severity of COVID-19 infection:  A case-control study, Journal of Clinical Periodontology.  Beskikbaar by https://  onlinelibrary.wiley.com/doi/10.1111/jcpe.13435.  [3 Februarie 2021]).

Ja, jou ma se gevegte en aanmoediging om tande te borsel was nie onnodig nie, en ons as volwassenes moet dalk weer daaraan herinner word.
Tande borsel alleenlik is egter nie al wat nodig is om gesonde tandvleis te verseker nie.  Dit verg aandag, tegniek, die regte hulpmiddels en professionele hulp, iets waarmee jou mondhigiënis jou kan bystaan.  Klink omtrent of jy oorlog toe gaan.  Ja, ‘n daaglikse oorlog teen talle bakteriële spesies aangesien die mondholte deur meer as 700 spesies gekoloniseer word en die seëviering van een groep patologiese gevolge en selfs tandverlies tot gevolg kan hê.  Nie eers gepraat van die welbekende verwantskap wat dit met ander sistemiese toestande soos diabetes, hartsiektes, lae geboortegewig in babas, ens.  het nie.
Met ons hedendaagse besige lewens dink meeste mense nie twee keer oor tande borsel nie, wat nog van vlos gepraat.  Dis iets wat tjoef-tjaf gebeur.  Minwetend dat sagte plaakaanpaksels wat deur die gejaagde skoonmaak proses agter bly op jou tande en rondom tandvleis verhard en tot tandvleisinfeksie lei.  In die vorm kan dit nie meer met ‘n tandeborsel verwyder word nie, maar is ‘n professionele skoonmaak nodig.  Van tandvleisinfeksie is meeste mense nie eens bewus nie, want dit gaan nie met pyn gepaard nie.  Tekens om voor te kyk is rooi, geswelde, bloeiende tandvleis of ‘n slegte asem/ smaak in jou mond.  Selfs hierdie tekens kan gemis word en daarom is roetine besoeke aan jou tandarts of mondhigiënis noodsaaklik om tandvleisinfeksie vroegtydig te identifiseer, te behandel en sodat jy bystand kan kry om die fondasie van ‘n mooi glimlag, jou tandvleis, op die langtermyn gesond te hou.
Met ‘n gesonde mond kan getoor word en is die moontlikhede om die voorkoms van jou glimlag te verbeter soveel makliker binne jou bereik.    Tandbleiking in die tandartsstoel kan onmiddelik ‘n witter glimlag oplewer.  Jy kan dadelik ontslae raak van fyn kepies in jou voortande of effens ongelyke, skewe voortande met behulp van fyn verstellings wat tydens ‘n Hollywood behandeling gedoen word.  Enkel besoek fineer, kroon en brugwerk kan groter oneweredighede of estetiese probleme aanspreek.   Investering in ‘n gesonde, mooi glimlag sal jou beste belegging ooit wees, jou selfvertroue ‘n hupstoot gee en beslis ‘n glimlag op jou gesig sit.  Iets wat jy graag met ander sal wil deel en nie agter ‘n masker sal wil wegsteek nie.

BLOG