Hallo Johagavanna, Hartseer maar ‘n realiteit. Sjoe wat ‘n reis, ongelooflik beslis, lewensveranderend inderdaad. Dankie aan julle dames, Ina en Dr Grotius vir ongelooflike raad, verduidelikings, hulp wat soveel meer navore gebring het in baie van ons lewens. Julle het ‘n ongelooflike praktyk met waardevolle diamante wat jul naam as ”I LOVE MY SMILE” verdien met ‘n passie. Jul vriendelikheid, ingesteldheid en menslikheid spreek vanself. Die skoonmaaksessies, bleiksessies alles was die moeitewerd om die selfvertroue ‘n duidelike hupstoot te gee en skielik is die glimlag soveel breër en lekkerder en mooier. Dr Grotius dankie vir jou eerlike opinie want ja dit het beslis vir my ‘n verskil gemaak. Met al my liefde

Cecile Janse van RensburgWenner van Finesse Nuwe Jy 2014

Beste I Love My Smile Span, Sjoe waar begin ek, vandag presies hierdie tyd 5 maande terug het ek by julle DIE grootste geskenk ooit ontvang, my Nuwe glimlag. Woorde sal nooit kan beskryf hoe dankbaar ek is vir dit wat julle vir my gedoen het nie. Saam met hierdie pragtig glimlag het daar sommer ‘n hoop selfvertroue bygekom wat in die laaste ruk soveel deure vir my oopgemaak het, al is dit nou al 5 maande moet ek myself nogsteeds so nou en dan herhinner dat dit nie net ‘n droom is nie dis die werklikheid, hierdie pragtige glimlag is MYNE als te danke aan julle wonderlike span by I Love My Smile. Ek raak skoon opgewonde vir julle huidige en toekomstige pasiente, hulle kon nie ‘n beter span gekies het nie en hulle is voorwaar in die heel beste hande. Ek sal julle vir ewig dankbaar wees en ek kom loer beslis in sodra ek in julle geweste is. Tonne liefde

Elraine Weitsz

Hi Johagavanna Dr Grotius, Ina and yourself as well as all the staff have been more than generous to me. I am so thrilled with my new look and feel SMILE, it feels like I’ve had a “boob job” on my smile …… ha ha ha!! The funny thing is when my hubby and I were dating he told a friend that he wanted to “make MY smile, HIS!” (get me to date him so he could be with my smile). Now we both have a reason to grin at that, sixteen years later.

Shelley Carrie

Hi Johagavanna, Ek kry eintlik vreeslik skaam oor die tandlose foto!  Maar ja dit is reg so.  Ek heg ook vir jou ‘n foto aan, indien jy dit wil gebruik vir die eindproduk, net soos jy wil. Indien jy my benodig vir “Live advert”, kan jy my altyd bespreek! Onthou net, ek vra advertensiekostes!!!!.  (Ha ha ha, grap net!!!) Ek is net vreeslik spyt dat ek dit nie al 20 jaar gelede gedoen het nie.  Ek sou met soveel selfvertroue deur die lewe kon gaan! Dalk Mev SA kon word!   Ek voel of ek ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan het!   Ek weet nou dat met elke glimlag,  kry ek beslis waarde vir my geld, dus smile ek die hele dag.  Sommer as ek kwaad is ook!   Geniet jou dag verder. Groete Elsabe

Elsabe Schutte