Om Weer Te Kan Lag – Maggie Pretorius
April 17, 2019
I Love my smile herstel Maggie Pretorius se selfvertroue met haar nuwe glimlag!

Author:

I Love my Smile

Om haar hand voor haar mond te hou as sy lag, was Maggie Pretorius se lewenslange gewoonte, maar dis nou nie meer nodig nie.

 

Om met oorgawe te kan lag was my nooit beskore nie.

Ek het altyd my mond met my hand toegehou sodat niemand my lelike tande kon sien nie. Dit was al so by my ingeprent dat ek later nie eens agtergekom het ek doen dit nie. Lipstiffie was taboe, want dit het my tande eenvoudig te veel beklemtoon.

Die kompetisie het my belangstelling geprikkel. Die feit dat een van die pryse nuwe tande by I Love My Smile was, het die deurslag gegee en ek het ingeskryf. Asseblief tog, het ek gevra, laat ek tog net gekies word sodat my tande mooigemaak kan word. En toe kom die groat bederf …

Die personeel van I Love My Smile was ongelooflik. Hulle het regtig gedoen wat hulle kon om my die glimlag te gee wat ek nag altyd wou gehad het. Hulle was so professioneel en het so mooi met my gewerk dat ek my lewenslange vrees vir ‘n tandarts opsy kon skuif. My arme man is elke keer saamgesleep om by my te kom sit, maar dit was nie regtig nodig nie.

Vandag het ek ‘n perfekte stel tande, ek dra helderkleurige lipstiffie en glimlag met oorgawe as ek die kans kry. My selfvertroue is herstel en ek kan nie ophou om vir myself in die spieel te kyk nie.

Oorspronklike artikel in Finesse Tydskrif

BLOG