Mooi Tande vir ‘n Skitterwit Glimlag
October 14, 2021
Lag heeldag met 'n pragtige glimlag deur I Love My Smile!

Author:

I Love my Smile

I LOVE MY SMILE spesialiseer in behandelings om jou tande wit en gesond te hou, sodat jou glimlag nie teen jou vriende s’n afsteek nie.

Daar is darem niks so mooi soos ’n vrou wat gelukkig is en gereeld lag nie. Dit is die beste natuurlike skoonheidswenk wat daar is. Jou glimlag kan jou beste bate wees as jy weet hoe om klaar te speel met die probleme wat maak dat jy dit nooit vir die wêreld wys nie.

Hou jou tande wit en jou asem vars

As jy jou tande twee keer per dag deeglik borsel en gereeld vlos, is ’n mondspoelmiddel nie noodsaaklik nie. Dit kan wel help om infeksie te behandel ná ’n operasie of as jy ’n droë mond het wat jou asem laat sleg ruik. Vra jou tandarts watter een die beste sal werk vir jou probleem. Professionele tandbleiking is die beste opsie vir ’n spierwit glimlag. Dit kan by I Love My Smile se spreekkamers, in die stoel, of by die huis gedoen word. Omdat wit tande instandhouding nodig het, sal dit nodig wees om jou mondhigiënis gereeld te besoek, sodat jou tande wit en gesond kan bly.

Behandel die pyn agter jou glimlag

Daar is baie redes vir tandsensitiwiteit en dit is belangrik om dit te identifiseer en te behandel soos nodig. ’n Knersgewoonte, verkeerde byt, tandbederf of skade aan jou tandstruktuur omdat jy te hard borsel, is maar net ’n paar oorsake om te ondersoek. Deur twee maal per dag met ’n sensitiwiteitstandepasta te borsel, kan in sommige gevalle verligting bring, maar behandeling van die probleem is ander kere nodig. Aan ’n knersgewoonte self kan ’n mens nie veel doen nie. ’n Bytplaatjie wanneer jy slaap, is nodig om skade aan jou tande te beperk en die nodige beskerming te bied. Botoks kan ook in die wangspiere gespuit word om die knersaksie te verminder.

Gee jou selfbeeld ’n hupstoot met reguit tande

Skewe of ongelyke tande is vir baie vroue ’n verleentheid en nie almal sien kans vir draadjies as hulle ouer is nie. ’n Alternatief hiervoor, is deursigtige belyners. Dit is plaatjies wat jy bo-oor jou tande dra om dit te belyn. As jy ook nie hiervoor kans sien nie, kan krone of finere op
die tande oorweeg word. Spasie word geskep en nuwe tande word uit porselein gemaak wat in lyn ontwerp word. Dit word dan permanent vasgesit. Tande wat afgekners is of duikies in tande, kan dit ook ongelyk laat voorkom. I Love My Smile se Hollywood-behandeling kan jou help om ’n meer eweredige tandlyn te hê.

 

’n Mooi wit glimlag gaan oor meer as net jou tande. Dit kan jouselfvertroue ’n hupstoot gee. Laat I Love My Smile jou help om weer breed te glimlag.

Oorspronklike artikel in Finesse Tydskrif

BLOG