Kners jou kind op sy tande?
February 16, 2021
Kinders wat kners kom baie meer algemeen voor as wat die meeste ouers besef. Volgens navorsing het twee tot drie uit tien kinders hierdie gewoonte

Author:

I Love my Smile

Het jy al ooit gehoor hoe jou slapende kind op sy tande kners?

Dit kan jou dalk onnodig bekommerd maak as jy nie weet hoekom hy dit doen nie. I Love My Smile gee raad.

 

Hoekom kners kinders op hulle tande?

Kinders wat kners kom baie meer algemeen voor as wat die meeste ouers besef. Volgens navorsing het twee tot drie uit tien kinders hierdie gewoonte.

Die mediese term vir tande kners is bruksisme. Dit is nie presies duidelik wat dit veroorsaak nie, maar baie kenners glo dat die ontwikkeling van permanente tande die grootste sondebok is. Wanneer die nuwe stel tande ontwikkel, kners kinders onbewustelik om die pyn te verlig. Indien dit die oorsaak vir kners is, sal die meeste kinders dit later ontgroei.
’n Geklem of gekners van tande kan ook die gevolg van hiperaktiwiteit of ’n reaksie op alledaagse medisyne wees.
Angs en spanning kan ook veroorsaak dat jou kind op sy tande kners. As dit die rede is, is dit belangrik om te probeer uitvind wat hom senuweeagtig maak en hoe om dit te behandel. Dan is ’n lekker warm bad of kalmerende musiek net voor slaaptyd dalk die oplossing.
Ongelukkig kan knersgewoontes ander probleme veroorsaak, soos hoofpyn en pyn in die gesig,
asook gesigs- en kakebeenprobleme. Tande kan ook as gevolg van dié gewoonte wegkwyn.

Kan tandekners behandel word?

Al het jou kind nog sy babatande is dit belangrik om te weet of hy op sy tande kners. In hierdie fase vind baie ontwikkeling in die mond en gesig plaas, wat deur ’n gekners beïnvloed kan word.

Om vas te stel of jou kleinding ’n knerser is, kan moeilik wees. Probeer luister of hy tydens storietyd maalgeluide maak, veral soos wat hy aan die slaap raak. Of vra vir boetie of sussie wat die kamer met hom deel of hulle knersgeluide hoor.

Iemand wat kla van ’n seer kakebeen of seer het as hy kou, kners heel moontlik op sy tande.

Die goeie nuus is dat behandeling beskikbaar en dikwels heel eenvoudig is.

’n Kind wat in sy slaap kners, word klinies geëvalueer om vas te stel of daar gaatjies of slegte tande is en of sy byt reg is. In die meeste gevalle kners hy weens ’n gemengde gebit waar baba- en permanente tande gelyktydig in die mond voorkom of waar daar reeds ’n mate van slytasie is. In hierdie geval kan dit dopgehou word, maar sal die kners verdwyn sodra die permanente tande uit is en die byt gestabiliseer het. Ongeveer 3% van kinders hou egter aan kners en dan is verdere behandeling nodig.

I Love My Smile het nie net van die beste tandartse in die land nie, maar ook spesialiste wat uitstekende raad kan gee oor die algemene mondgesondheid van kinders.

Maak vandag nog ’n afspraak by een van I Love My Smile se tandartse om raad te gee oor jou kind se mondgesondheid.

ilovemysmile.co.za | 012 348 0665 | info@ilovemysmile.co.za

Oorspronklike artikel in Voelgoed tydskrif.

BLOG